•          •          •    

 

 

Meer Oor Ons

Boerdery Vertakkings

Teelprogram

Bulle

Jaarlikse JAY-EL Bulveiling

Jaarlikse Kommersiële Vroulike Aanteelveiling

Fotos

  
  
►►► TEELPROGRAM
 

Ons volg ‘n enkeldekseisoen in die somer. Sedert 2005 insemeneer ons uitgesoekte vroulike diere in ‘n gesinchroniseerde teelprogram.

Tydens die afgelope 5 jaar het ons semen van meer as 40 Bonsmara bulle bekom en beskik tans oor meer as 28 000 strooitjies bevrore semen.

Al ons verse word gebul tussen 18 en 24 maande en moet kalf voor die ouderdom van 39 maande soos vereis deur die Bonsmara Genootskap van Suid Afrika. Enige vers wat nie beset raak nie word verkoop. Ons maak gebruik van uitgesoekte versbulle om te verseker dat potensiële kalfprobleme uitsgeskakel word.

Uitgesoekte koeie word ook onderwerp aan ‘n gesinchroniseerde K.I. program aan die begin van elke dekseisoen. Ons maak gebruik van CIDR inplantate waarna elke koei ge-K.I. word met ‘n enkele strooitjie.

Ons gebruik ‘n meerbulparingstelsel met ‘n bul tot koei verhouding van ten minste 1:20. Om die beste prestasie te handhaaf word al die teelbulle ge-evalueer vir defekte. Optimale kuddegesondheid is van uiterste belang en die bulle word getoets vir seksueel oordraagbare siektes soos Trichomoniase sowel as vrugbaarheid. Die proses word uitgevoer voor en na elke dekseisoen.

Na geboorte word alle kalwers ge-identifiseer met standaard  oorknippe. Sterthare word van elke kalf getrek om vaderskappe te bepaal met behulp van DNA analise. Die prosedure word uitgevoer deur die Unistel Laboratorium in Kaapstad.

Sommige van die bulle wat huidiglik gebruik word in ons teelporgram is op die BULLE bladsy op die webwerf te siene.

 
  

© 2010 - 2011 Jay-El Stoet  •  Webblad Voorwaardes  •  Webblad ontwerp & onderhou deur 123 Internet