|

MMJ08-114
Ons is baie opgewonde oor die bul MMJ08-114 wat
ons aangekoop het van Dr. Wynand Basson van
Standerton. 114 het goed gebalanseerde teelwaardes
en is geteel uit ‘n fantastiese koei. Sy moeder
MMJ97-214 het reeds 11 kalwers in 13 jaar gehad
met ‘n TKP van 364 en ‘n Reproduksie indeks van
112. Sy vaar
MMJ03-164 het
geen bekendstelling nodig nie.
Alhoewel MMJ08-114 net twee jaar oud was op die
veiling toon hy reeds baie potensiaal as teelbul.
Met goedgevormde testes, goeie toplyn, uitstaande
bespiering en breedte (om net ‘n paar kenmerke te
noem) glo ons dat die bul vir ons goed sal teel.
Hy is reeds ingespan tussen van die beste koeie in
die kudde.
|

AG98-338
Dié bul het geen bekendstelling
nodig nie. AG98-338 is in 2006 verkoop aan JAY-EL
Bonsmaras, Dr. Joggie Briedenhann, Neil Rissik en
Dawid Visser vir die rekordbedrag van R800 000. Hy
teel fantasties en ons het hom swaar in ons
teelprogram gebruik. Ons het in die afgelope vyf
jaar selde indien enige ander bul raakgeloop wat
die erfdwang het van 338. Die bul teel
uitsonderlike goed gedifinieerde bespeiring.
|
|
|
|
|

AG04-310
Ons het AG04-310, ‘n halfbroer
van AG03-256 aangekoop in 2007. Sy vaar AG02-251,
‘n seun van AG98-338 is welbekend in Bonsmara
kringe. 310 is ‘n strek vleisbul met goeie diepte
en ons gebruik hom tans sterk in die kudde d.m.v.
natuurlike decking sowel as K.I.
|

RCO98-037
RCO98-037 is ‘n bul wat goeie
breedte en geharde diere teel. Op die rype
ouderdom van 12 jaar lyk hy steeds indrukwekkend
met die libido van ‘n twee jaar oue bul. Sy seuns
is besig om groot naam te maak in verskeie kuddes
in die Republiek sowel as naburige Namibië.
|
|
|
|
|

BHE03-083
‘n Seun van RCO98-037 uit ‘n
indrukwekkende koei wat ons op Fotress se
uitverkopingsveiling in 2006 gekoop het. Ons is
een van enkele telers tans in besit van semen van
BHE03-083. Die bul is volgens sy teler Burkhard
Hermann van Frankfort om aan te haal “Waarskynlik
een van die hoogste kwaliteit bulle wat FORTRESS
nog geteel het” (Fortress Nuus, 2006). Ons is
oortuig dat dat 83 in die toekoms nog ‘n groot
impak op die ras kan maak.
|

AG03-029
Die bul is defintief ‘n
voorbeeld van ‘n bul met amper foutlose bouvorm.
Ons is van plan om 29 meer intensief te gebruik in
ons toekomstige teelprogram. |
|
|
|
|

AG03-256
AG03-256 is verkoop vir die
tweede hoogste prys wat nog behaal is in die
Bonsmara ras naamlik R625 000. Hy is geteel uit
AG98-338 en AG93-063 wat ‘n hoogs vrugbare koei
is. Ons het die ELITE status produserende koei in
2006 aangekoop. Op die ouderdom van 17 produseer
sy steeds top kalwers. AG03-256 se eerste kalwers
sal in 2010 gebore word. Ons sien uit daarna om
meer van die bul gebruik te maak in die komende
dekseisoen. |

MMJ03-164
MMJ03-164 is sekerlike een van
die dikste seuns wat RCO98-037 nog geteel het. Ons
het 164 in ons K.I. en embrio-spoelprogramme
gebruik en sy kalwers word net beter en beter. Hy
kom uit een van Dr. Wynand Basson se beste
moederlyne. Ons is bevoorreg om een van min telers
te wee swat ‘n saad-aandeel bekom het in die bul
wat heel gepas bekendstaan as “Dikgat”. Die bul is
ongelukkig dood in 2010 maar ons het tans meer as
2000 strooitjies semen. Wees maar op die uitkyk
vir die bul se nageslag in die jare wat kom.
|
|

MMJ03-204
MMJ03-204 is seker een van die bulle met die beste
bouvorm wat ons al in ons kudde gebruik het. Die
bul het diepte, lengte en baie breedte wat hy
oordra na sy nageslag. Ons sal sy eerste seuns in
2012 op ons produksieveiling aanbied. Hy het
uitstaande kalwers geteel in ons
embrio-spoelprogam. MMJ03-204 het vir een seisoen
by ons beste trop bulmoeders geloop, so ons kan
met rede opgewonde wees oor die toekomstige rol
wat sy nageslag in ons kudde sowel as die ras sal
speel.
|

AG05-263
AG05-263 is ‘n bul wat ons al vir ‘n paar jaar met
belangstelling dop gehou het. Ons was bevoorreg om
263 te kon koop in 2011 met Paul Mare’ en Cornay
Botma as mede-aandeelhouers. Die bul se moeder is
ook een van die bulmoeders in ons elite kudde.
Soos die foto duidelik toon is die bul so lank
soos ‘n trein. Sy vaar AG03-256 is ook een van die
bulle wat ons in ons KI program gebruik. AG05-263
het baie goeie bespiering wat hy oordra na sy
nageslag. |
|
MMJ04-105
MMJ04-105 is ons spesialis
versbul. Die bul het baie gewenste BLUP-waardes
vir geboorte maar het nietemin steeds goeie
breedte, diepte en donker pigment. 105 Teel
vroegryp mediumraam diere en is onverwant aan die
meeste gevestigde bloedlyne in die kudde, dus maak
dit van hom ‘n waardevolle skakel in ons teel
ketting. |
|