|
PIESANGS
Piesangs is die hoofgewas wat
regdeur die jaar verbou word in Komatipoort. Die
totale produksie word plaaslik bemark onder die
bekende Lebombo handelsmerk. Organies sowel as
konvensionele piesangs word verbou en landswyd
bemark. |
SITRUS EN MANGOS
Pomelos (Star Ruby, Rosé en
Marsh), Turkey Valencia lemoene en lemmetjies word
verbou en internasionaal sowel as plaaslik bemark.
Mangos word uitgevoer na Europa en die plaaslike
markte word ook voorsien. ‘n Gedeelte van die
mango-oes word ook na ‘n sapfabriek op Malelane
gestuur vir verwerking. |
SUIKERRIET
Suikerriet word ge-oes en
geprosesseer by die TSB suikermeule naby
Komatipoort. |
|
GRANATE, VYE EN
DRAGON FRUIT
Die subtropiese klimaat in
Komatipoort is ideal vir die verbouing van granate
en dragon fruit. Vye word verbou in Vrede in die
Vrystaat. Die maatskappy het ook ‘n 50% belang in
‘n grootskaalse vye ontwikkeling naby Napier in
die Weskaap. |
GROENTE
Die maatskappy het onlangs met
die verbouing van groente begin. Tamaties,
spanspek, groenbone en groenrissies is van die
vernaamste groente gewasse wat op die plaaslike
markte verkoop word.
|
LITCHIES
Litchies word op die plaaslike
markte verkoop. |
|
VLEISBEESTE
Die maatskappy boer sedert 2003
met vleisbeeste in die Oos Vrystaatse areas van
Vrede en Memel. Die fokus is op die teel van hoë
kwaliteit aangepaste Bonsmara beeste. ‘n Jaarlikse
bulveiling word in Julie aangebied asook ‘n
jaarlikse kommersiële vroulike dier veiling wat
gehou word in Februarie. |
HOOI EN AANGEPLANTE
WEIDINGS
Eragrostis Curvula (Oulandsgras)
gras word bemes en gebaal om die ruvoer tekorte in
die winter aan te vul. Saaiboerdery is gestaak in
2009 en die onbewerkte lande word gevestig met ‘n
Smutsvingergras en Lusern mengsel. |
KONDISIONERING
VAN SPEENKALWERS
Kalwers word “ge-background”
met die doel om hulle voor te berei vir die
voerkraalmark op besproeide meerjarige raaigras
weidings. Die doel van die afdeling is om
inkomstes uit die vleisbeesvertakking te verhoog
en waarde toe te voeg.
Foto 1
•
Foto 2
•
Foto 3
•
Foto 4 |